Wen die braai van jou lewe – en staan ’n kans om weekliks R2 000 te wen

Jy kan die grootste braai van die jaar wen. Ja, jy het reg gelees.

Jy en 20 vriende kan ’n braaifees deur Laat die Potte Prut se Piet en Frik en Huisgenoot se Carmen Niehaus geniet terwyl Die Heuwels Fantasties musiek maak. Plus: Dié wat om dié groot prys meeding, het ook elke week ’n kans om R2 000 los te slaan!

WAT KAN EK WEN?

1) Op Vrydag 30 Maart 2018 word die naam van een groot wenner bekendgemaak. Dié gelukkige mens wen die braai vir 21 mense met al die ge­noemde gaste wat jou by jou eie huis kom bederf.

2) Elke week kan een deelnemer ook R2 000 losslaan. Dié name word tussendeur bekend­gemaak. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Die kompetisie duur van 12 Januarie tot 26 Maart.

HOE KAN EK INSKRYF?

Beantwoord die onderstaande vraag of SMS die antwoord, jou naam en van na 43239.

* KOMPETISIEREËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES:
Die kompetisie duur van 12 Januarie 2018 tot 26 Maart 2018 om middernag.Die datum kan beïnvloed word deur die beskikbaarheid van al die betrokkenes.Jy kan soveel kere inskryf soos wat jy wil. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar wees van die selfoon wat jy gebruik om in te skryf of toestemming hê om dit te gebruik. Wenners sal lukraak gekies word. In die geval van ’n kompetisie met meer as een prys en meer as een trekking, mag ’n wenner net een keer wen. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. Die trekking is finaal. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak. As ons die wenner nie binne drie keer kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n adres te verskaf waar hy of sy tydens werkure beskikbaar is om die prys te ontvang en om gedurende hierdie tyd beskikbaar te wees om die prys te ontvang. In die geval van ’n posadres is dit die wenner se verantwoordelikheid om die korrekte posadres te verskaf en die prys betyds by die poskantoor af te haal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir pryse wat verlore raak of nie ontvang word nie vanweë ’n wenner wat nie beskikbaar was vir aflewering nie en/of nie die prys by die poskantoor gaan haal het nie.

Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ‘n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” op hierdie advertensie verwys na Auto & General.

CAPTCHA
© Copyright 2018 | Grootstebraai